
Mel kom Plettenbergbaai toe met haar nuwe show Dik Deurmekaar!!! Kom lag lekker saam.
Mel die Storieverteller is ‘n Afrikaanse sosiale media sensasie en skrywer wat bekendheid verwerf het, veral op TikTok, met haar skerp komiese en inspirerende videos. Met meer as 260 000 volgelinge is dit vinnig duidelik dat Mel impak maak.
DATE: 27 March 2024
TIME: 19h30 – 20h30
VENUE: Grand Africa Lookout Beach
TICKETS: R130.00 per persoon – Geen kinders onder 14 jaar oud
Die debuut van haar eerste komiese eenvrou vertoning “Almal is Mal!” verkoop uit by die Atterbury Teater en vinnig vat die stand-up comedy style show vlam en Mel toer die hele Suid Afrika vol om komiese verligting te saai.
Mel raak ook vinnig ‘n go-to spreker vir dames oggende en vroue aande. Sy bied skryfwerkswinkels aan en is op groot aanvraag vir besighede om hulle produkte en dienste op sosiale media te adverteer – maar Mel is picky en dus bly sy ‘n geloofwaardige influencer.