Plett featured in Vrouekeur magazine 

Published: February 16th, 2020

Plett was featured in the most recent issue of Vrouekeur magazine. For our Afrikaans readers, here’s a snippet and a link to the full article… enjoy 🙂

Ons gooi laatmiddag moeg ons bagasie by ons verblyf af en teen sononder sit ons soos oorsese toeriste op die koppie by Whalesong Hotel & Spa vir ’n
jenewer-ervaring. Shephard Hewu beveel vir ons elkeen ’n jenewer volgens ons voorkeure aan.

Hy kom met ’n oulike skinkbord met ment, aarbei, suurlemoen, lemoen, komkommer en ander geurmiddels na ons tafel toe en meng ons elkeen se drankie in ’n koperbekertjie. So terwyl die son oor die see ver onder in die baai ondergaan, teug ons aan ons drankies.

“Die jenewer-ervaring het groot plaaslike aanhang en is ’n wonderlike manier om oorsese toeriste aan Suid-afrika se boetiekjenewers bekend te stel.

“As julle kos bestel, oorweeg die ribeye steak met ’n sopie van Inveroche se nuwe kakao-jenewer en ’n skyfie lemoen. Druk dit oor die steak uit vir ’n heerlike geur,” gee hy raad.

Continue reading